NEW YORK, VSA. – Die aktrise, Blake Lively, het twee aanklagte laat vaar wat sy teen die akteur, Justin Baldoni, aanhangig gemaak het.
Lively het aanklagte van emosionele lyding en die toediening daarvan laat vaar ná Baldoni se prokureurs inligting wou bekom oor haar mediese toestand, wat terapie-notas moes insluit.
Lees ook: Justin Baldoni onttrek dagvaarding teen Taylor Swift
Kevin Fritz, Baldoni se prokureur, het aan regter Lewis J. Liman geskryf dat Lively se keuse om die aanklagte terug te trek, beteken dat sy weier om die inligting te gee – maar dat sy steeds die keuse wil hê om dit weer teen Baldoni in te bring.
Regter Liman het beslis dat die twee partey se regspanne moet besluit of die aanklagtes weer ingebring, of heeltemal laat vaar, gaan word.
Bronne: BBC, PEOPLE, Los Angeles Times
Lees ook: Justin Baldoni onttrek dagvaarding teen Taylor Swift





