HONGKONG, CHINA. – Suid-Afrika se sewes-mansrugbyspan, die Blitsbokke, is Saterdag in die Cathay/HBS-Hongkong-sewestoernooi uitgeskakel toe hulle 15-0 teen Australië verloor het. Hulle het Sondag 33-14 teen Fidji verloor en sesde posisie behaal.
Die span het aanvanklik vir die kwarteindrondte gekwalifiseer nadat hulle teen Samoa gewen het.
Die wedstryd teen Australië was uit die staanspoor moeilik omdat hulle sonder hul kaptein, Selvyn Davids, moes speel. Hy is vir drie wedstryde geskors na ’n gewaagde duikslag teen Samoa.
Ronald Brown is beseer en Justin Geduld is ná die wen teen Ierland ook vir drie wedstryde geskors.
Volgens Zian Davids, die tussentydse kaptein, was die “halwe” span geen verskoning vir die verloor nie. Philip Snyman, die Blitsbokke se afrigter, sê hy gaan die volgende paar weke nuwe kombinasies probeer en hulle gaan daaraan werk om kalm tydens groot oomblikke te bly.
Bronne: SA RugbyMag, SA Rugby, Times Live





