Brekende Nuus
Suid-Afrika

Bloedmaan oor SA: Só kan jy dit Vrydagoggend sien

Foto: Vox Weather

Suid-Afrikaners kry Vrydagoggend 28 Augustus die kans om ’n besondere maansverduistering te sien wanneer byna die hele Maan deur die Aarde se skaduwee beweeg. Die verduistering begin om 03:23, met die gedeeltelike fase vanaf 04:33. Die maksimum word om 06:12 bereik.

Volgens Vox Weather sal sowat 96% van die Maan se sigbare skyf tydens die maksimum verduistering binne die Aarde se donker skaduwee wees. Hoewel dit tegnies ’n diep gedeeltelike maansverduistering is en nie ’n totale verduistering nie, kan die Maan baie naby aan ’n “bloedmaan”-voorkoms kom. Vox Weather raai mense aan om vanaf ongeveer 04:30 te begin kyk en ’n plek met ’n onbelemmerde uitsig na die weste te kies. Die beste kykgeleenthede word tans in die Noord-Kaap, Noordwes en langs die KwaZulu-Natalse kus verwag. Gauteng het ook goeie vooruitsigte, met gedeeltelik bewolkte toestande wat na verwagting genoeg oop ruimtes sal laat om die verduistering te sien. In die Wes-Kaap, Limpopo en dele van Mpumalanga kan wolke en mis die uitsig belemmer.

Die Maan kan tydens die verduistering rooi, oranje of koperkleurig vertoon. Dit gebeur wanneer sonlig deur die Aarde se atmosfeer beweeg en hoofsaaklik rooi en oranje lig na die Maan gebuig word. ’n Maansverduistering is veilig om met die blote oog te kyk; spesiale brille is nie nodig nie.

Druk hier om meer te lees en sien: Vox Weather – Lunar Eclipse in South Africa on 28 August