Lees ook: DA gaan Malema by VN-menseregtehof verkla oor ‘Kill the Boer’
Die agt lede van die presidensiele beskermingsdienste wat op na bewering op kamera vasgevang is waar hulle motoriste op die N1 in Gauteng aanval, is vrygelaat op borg.
Landdros Hlengiwe Mkhabisi het vanoggend elkeen vrygelaat op R10 000 borg in die Randburg-landdroshof. Sy het gesê daar is geen bewyse dat hulle sal vlug nie, want hulle families is in Gauteng.
Die mans word aangekla van aanranding, die rig van ‘n vuurwapen en skade aan eiendom. Die saak is uitgestel tot 27 September vir verdere ondersoek.
Bronne: News24, IOL, eNCA
Lees ook: Agt polisiebeamptes geskors na N1-voorval