‘Blouligrowers’ met polisie-uniform betrap

Lees ook :

Foto: SAPD

GAUTENG. – Twee verdagtes, vermoedelik blouligrowers, is Woensdag deur die Benoni K9-eenheid op die R103/R550 buite Heidelberg gearresteer.

Kol. Dimakatso Nevhuhulwi sê die honde-eenheid was besig met patrollie toe hulle ‘n VW Polo met vier insittendes voorgekeer het. Tydens deursoeking van die voertuig het twee van die insittendes ‘n veld in gehardloop. In die kattebak van die Polo het die polisielede op ‘n polisie-uniform, blou ligte en ‘n sirene afgekom. Die twee oorblywende insittendes is in hegtenis geneem. Tydens die voorlopige ondersoek is bevind die Polo is in November 2024 in Eldorado Park as gesteel aangemeld.

Die polisie se ondersoek duur voort met die soek na die ander twee verdagtes. Die twee verdagtes in aanhouding sal binnekort op aanklagte van die voordoen as ‘n polisiebeampte en die besit van gesteelde eiendom in die Heidelberg-landdroshof voorkom.

Lt. genl. Tommy Mthombeni het die lede van Benoni K9 vir die suksesvolle inhegtenisnemings geprys.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief