Boeing dank 737 Max-hoof af na voorval met Alaska Airlines

Lees ook :

Boeing dank 737 Max hoof af na voorval met Alaska Airlines
Boeing dank 737 Max hoof af na voorval met Alaska Airlines fotokrediet: Canva

Lees ook: Nog ‘n Boeing-model vir foute ondersoek

NEW YORK, VSA. – Boeing het gister aangekondig die hoof van die 737 Max-program is afgedank na die voorval met Alaska Airlines waartydens ‘n deurpaneel afgebreek het en die vliegtuig ‘n noodlanding moes doen.

Ed Clark het vir 18 jaar by Boeing gewerk voor dit gister aangekondig is hy “verlaat die program”. Hy is afgedank na ‘n 737 Max ‘n deel van ‘n deurpaneel op 5 Januarie verloor het en die vliegtuig ‘n noodlanding moes maak met ‘n gat teen die kant. Altesaam 171 vliegtuie is na die voorval gehok.

Tydens ‘n voorlopige ondersoek is ontdek vier skroewe wat moes help om die deurpaneel vas te hou, het kortgekom. Die ondersoek duur voort en daar sal moontlik verhore oor die voorval wees.

Bronne: Daily Mail, CNN, NDTV

Lees ook: Nog ‘n Boeing-model vir foute ondersoek

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief