‘Boelie-insident’ by skool bekommer LUR

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Na ‘n video van ‘n ma wat sê haar dogter word glo by Hoërskool Sutherland geboelie, sosiale media op horings geneem het, sê Die LUR, Matome Chiloane, vir die onderwysdepartement, die insident bekommer hom.

Steve Mabona, woordvoerder vir die departement, sê volgens inligting tot die departement se beskikking het die ma van ‘n gr. 10-leerling wat glo deur ‘n medeleerling wat ook in gr. 10 geboelie is, die skool in Centurion, Woensdag besoek om die insident aan te spreek. Die skool het verduidelik ‘n voorlopige ondersoek sal gedoen word om die beweringe te ondersoek, alvorens enige dissiplinêre aksie ingestel word.

Mabona bevestig voorts ‘n vergadering is Donderdag met die slagoffer en haar ouers, die skoolbestuur en distriksbeamptes gehou. Daar is bevestig die skool gaan ‘n dissiplinêre verhoor instel wanneer beide ouers beskikbaar is, om hulle deel van die proses te maak. Die departement het ook sielkundige ondersteuning aan beide die leerlinge en ouers beskikbaar gestel. Ondersoek sal ook gedoen word oor hoe ‘n opvoeder die klagte hanteer het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief