Waarskuwing! Foto kan sensitiewe lesers ontstel!
KWAZULU-NATAL. – ‘n Boer op ‘n plaas in die Fraser-gebied naby Tongaat is Vrydagaand kritiek beseer nadat sy bul hom gestamp het.
IPSS Medical Rescue en IPSS S&R Tongaat is na die toneel. Die man is kritiek beseer aangetref en is gestabiliseer voordat hy deur die diens se gevorderde lewensondersteunende paramedici vir verdere behandeling na ‘n fasiliteit vervoer is.

Foto: Reaction Unit South Africa





