Boer Petré en sy Marinel haak af

Lees ook :

Boer Petré en sy Marinel haak af. Foto's: Marinel Vermeulen Instagram

Petré Vermeulen en Marinel van die Boer soek ’n Vrou-faam het die naweek op Hartebeespoort getrou.

Petré was in die 14 de seisoen te sien en Marinel in seisoen 13. Marinel het foto’s van hulle troue, wat by die Artelier-venue op Hartebeespoort gehou is, op haar Instagram gedeel.

Marciel Hopkins, aanbieder van die program, het hulle op haar Facebook-blad gelukgewens. “Hulle het al te deftig gelyk en my wens is dat die toekoms seëninge in oorvloed sal inhou vir die Vermeulens.”

Die paartjie het in Desember 2023 verloof geraak. Hulle bly op ’n plaas naby Vierfontein in die Vrystaat.

Bronne: Marinel Vermeulen Instagram, Marciel Hopkins Facebook

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief