SUID-AFRIKA. – Rampie Niemann van Boer soek ’n vrou se 15de seisoen het die naweek aan Elucia van Staden verloof geraak.
Van Staden het die nuus op haar Instagram-blad aangekondig. “Sy knieg het lam geword, my glimlag het breed geword, hy het die groot vraag gevra, toe sê ek ja,” het sy geplaas saam met ’n foto van hulle en ’n ring wat skitter.
Volgens Marciel Hopkins, aanbieder van die program, is Rampie die vyfde boer van seisoen 15 wat verloof is. Op haar Facebook-blad het sy die paartjie gelukgewens: “Elucia het hom op die kassie raakgesien en haar niggie, wat vir Rampie ken, het haar aangemoedig om kontak te maak.”
In Van Staden se Instagram-plasing lyk dit asof die paartjie op ’n wildrit was toe Rampie die jawoord gevra het.
Bornne: Elucia van Staden Instgram-blad, Marciel Hopkins Facebook-blad

