Mathys Prinsloo van Boer soek ’n Vrou se 13de seisoen het die naweek met sy Annamie getrou.
Marciel Hopkins het die praatjie op haar Facebook-blad gelukgewens. “Vir die van julle wat nie hulle mooi storie ken nie: Mathys het al te lekker by boer Albert op die plaas gaan kuier op Clanwilliam na die reeks klaar geskiet is en het so sy oulike sussie ontmoet … Annamie!”
Volgens Hopkins is dit die sesde huwelik uit seisoen 13 van Boer soek ’n Vrou.
Annamie het dit as haar sprokiesoomblik op Instagram beskryf.
Sy het die volgende foto’s op Instagram geplaas:



Bronne: Marciel Hopkins – Facebook-blad, Instagram





