Is jy opgewonde om te sien watter boere die meeste briewe ontvang het? Jy hoef nie meer lank te wag nie. Seisoen 16 van Boer soek ’n Vrou word vanaf 18 Julie 2024 om 20:00 elke Donderdagaand op kykNET uitgesaai.
Die inskrywings vir die tien boere het al einde November 2023 gesluit. Die reeks is reeds opgeneem. Al waarna kykers nou kan uitsien, is om agteroor te sit en te kyk hoe die liefdesverhale ontvou.
Indien jy weer na die boere wil loer, kliek hier.
Bron: kykNET





