Brekende Nuus
Afrikaans

Boer Soek ‘n Vrou Seisoen 15-paartjie trou

'n Paartjie van Boer Soek 'n Vrou seisoen 15 het getrou.

Hennie en Eloïse trou
Foto: Marciel Hopkins

Hennie de Villiers en Eloïse van Heerden, deelnemers van seisoen 15 van die gewilde Boer Soek ’n Vrou – kykNET TV-realiteitsreeks, het stralend aan mekaar trou beloof.

Marciel Hopkins het ‘n foto op sosiale media gedeel en gesê die paartjie het die knoop deurgehak.

“Daar het julle dit nou, die eerste amptelike paartjie van Seisoen 15 van Boer Soek ’n Vrou het die knoop deurgehak! 😍🥂“

Sy het die paartjie geluk toegewens en gesê daar word nou op Louis en Rachie en Francois en Vanessa se troues gewag.

Bron: Marciel Hopkins