Boer steeds vermis, polisie vra hulp om hom op te spoor

Lees ook :

Foto: Facebook

MPUMALANGA. – Ernst Rachmann (74), ‘n boer van Leslie naby Leandra, kon op sy verjaardag op 27 Oktober nie op die plaas waar hy gebore is, gevind word nie. Die polisie doen ‘n beroep op die publiek om te help om Rachmann met sy familie te herenig.

Kapt. Magonseni Nkosi sê Rachmann was nog Saterdag op die plaas Watervalsbank waar hy Sondag op sy verjaardag nie gekry kon word nie. Verskeie oproepe is vir sy verjaardag na hom toe gemaak, maar hy kon nie in die hande gekry word nie. Ondersoek is ingestel en die deur is oop gevind, maar Rachmann se waardevolle items, insluitend sy voertuig en selfoon, was onaangeraak. ‘n Volskaalse soektog het tot op hede nog niks opgelewer nie. Rachmann is 1.7 m lank.

Christo Rachmann, Ernst se seun, het voorheen aan Nuusflits gesê hulle hoop is op die polisie om sy pa op te spoor. Ds. Christo Jooste het voorts gesê ‘n grootskaalse soektog is geloods en die plaas is uit die lug en op die grond gefynkam, maar tot dusver is geen sukses bereik nie. Jooste vra voorbidding vir die familie in die onseker tyd.

Enigiemand wat weet waar Ernst Rachmann hom bevind, word gevra om na vore te kom. Daar word ook gevra die foto moet wyd gesirkuleer word, indien iemand hom dalk herken.

Speur. AO Thabo Lekete kan met enige relevante inligting by 072 625 1094 gebel word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief