Boer tydens aanval op plaas beseer, verdagtes vas

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Dirk Odendaal (69), ‘n boer van Barkly-Oos, is Sondagaand omstreeks 21:30, nadat hy uit sy huis gegaan het, deur twee verdagtes aangeval. Twee verdagtes is intussen in hegtenis geneem.

Kol. Priscilla Naidu sê die slagoffer was onderweg na ‘n kamer waar sy kragopwekker is. Hy is deur ‘n onbekende verdagte aangeval en in die nek gesteek. Hy kon terugkom in sy huis en is deur sy seun na ‘n hospitaal gehaas.

Omstreeks 07:15 was Barkly-Oos-polisielede onderweg na Aliwal-Noord toe hulle twee mans gewaar het wat die beskrywing van moontlike verdagtes pas. Die verdagtes, 27 en 32 jaar, wat die polisielede gesien het, het begin hardloop, maar is in hegtenis geneem.

Naidu sê speurders ondersoek die moontlikheid van die verdagtes se betrokkenheid by ander sake van inbraak in die omgewing.

Die verdagtes sal Donderdag op aanklagte van poging tot moord, besit van onwettige ammunisie en besit van ‘n gevaarlike wapen verskyn.

Odendaal het tydens die aanval terugbaklei en die verdagtes het van die toneel gevlug. Hy het beserings opgedoen en baie bloed verloor. Hy is na die voorval in ‘n hospitaal in Bloemfontein opgeneem waar hy buite gevaar is en aansterk.

Isabella de Beer het die volgende op Facebook gedeel:

Dink aan jou Neef. Dirk Odendaal. Weet jy sal teru veg, soos ‘n boer. Boer van Barkly-Oos aangeval eergister. 9/06/24. Hy’t uitgegaan ongeveer 20h00-21h00.

Buite oorval deur 2 en met messe in die nek gesteek. Hy’t terugbaklei en hulle het gevlug.

Hy het baie bloed verloor en is tans in Bftn in hospitaal. Hy het lugpyp/slukskade. Ook skildklier en senuwees wat spraak beheer is beskadig. Hy is buite gevaar. Glo hy sal herstel.

Dink maar aan hom en familie.

Baie lesse weereens hier te leer.

Was skynbaar draadmaker wat al by hom gewerk het en nog een. Werk tans op ‘n nabygeleë plaas. Hulle is laatmiddag gekry, maar het in nag in gevlug. Polisie en honde volg op en is besig om hulle te soek.

Wees veilig mense.

Hou by die veiligheidsreëls.

Wees deurentyd GEREED. Wees voorbereid.

Rustige nag vir almal.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief