Boer vir ‘vervalde kos’ gearresteer, vandag in hof

Lees ook :

Foto's: SAPD

MPUMALANGA. – ‘n Boer (30) wat glo vir sy diere vervalde kos van kettingwinkels verkry en dan na bewering vir menslike gebruik herverpak vir verkoop, verskyn vandag op aanklagte in die Secunda-landdroshof.

Lt.kol. Magonseni Nkosi sê die Valke in Secunda en Charl Cilliers-polisiestasie het inligting ontvang dat die boer na bewering die vervalde kos van kettingwinkels en ander verspreiders kry. Die kos-items word glo dan op die plaas herverpak en weer na handelaars versprei.

Die plaas is saam met die Govan Mbeki- plaaslike munisipaliteit se gesondheidsinspekteurs besoek. Twee pakhuise, vier koelkamers, ‘n vragmotor met ‘n verkoelingseenheid toegerus, vrieskaste en twee afleweringsvoertuie met produkte is ontdek. In die twee pakhuise was verpakte kos wat nie vir menslike gebruik geskik is nie. Produkte waarvan die vervaldatums al verstryk het, soos geblikte produkte, rooivleis, hoender, omtrent 1 000 kratte met suiwelprodukte, ook kaas, was in die vier koelkamers. Altesaam sewe vrieskaste, waarin verpakte koring en mieliemeel geberg word, is in die pakhuise gekry. Nkosi sê voorts is ‘n vragmotor met ‘n verkoelingseenheid en twee ligte afleweringsvoertuie, een gelaai met vleis en die ander leeg, is ook gevind. Die ondersoek van die voertuie duur voort.

Herverpaktoerusting om items onder meer vakuum te verpak en van pryse te voorsien, is ook gevind.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief