Boer vra privaatvervolgingseenheid se hulp om aanvallers te laat aankeer

Lees ook :

Foto: AfriForum Privaatvervolgingseenheid

NOORDWES. – Mpho Munyai, ‘n plaaslike boer, het AfriForum se privaatvervolgingseenheid om hulp genader ná hy op 9 Januarie vroegoggend in sy plaashuis naby Magaliesburg aangeval is en die aanvallers steeds op vrye voet is. Volgens hulle bestaan die moontlikheid dat hulle enige tyd kan terugkeer.

Daar is op die huis geskiet en hy glo dat hy die eintlike teiken van die aanval was en dat sy lewe gered is deurdat hy sy kritiek gewonde seun by die hospitaal moes kry.

Barry Bateman, woordvoerder vir die privaatvervolgingseenheid, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits senior polisiebeamptes is genader om dringende terugvoer oor die ondersoek te verkry. Munyai het die ondersoekbeampte van kritieke inligting oor die aanval voorsien. Selfs selfoondata wat na verskeie verdagtes wys, is oorhandig, maar die verdagtes is steeds nie in hegtenis geneem nie.

Adv. Gerrie Nel het Munyai se bekommernisse aan die provinsiale polisiekommissaris gerig: “Ek het AfriForum se privaatvervolgingseenheid om hulp genader om te verseker dat my saak behoorlik ondersoek en vervolg kan word. Ons huidige strafregstelsel is aan flarde en ondersoeke van sake soos hierdie een word in die proses gekompromitteer. Daarom glo ek dat AfriForum oor die nodige vaardighede en tegniese kennis beskik om individue soos ek, wat vertroue in die strafregstelsel verloor het, te help. Ek glo dat geregtigheid sal geskied, veral vir my seun,” sê Munyai.

Bateman sê voorts dit is die polisie se plig om boere te beskerm en om deeglike ondersoek te doen om oortreders aan die kaak te stel.

Lees die volledige verklaring hier.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief