Boer wat dogter red se liggaam gevind

Lees ook :

Foto: Riaan en Corné Heine (Riaan Heine Facebook-blad)

VRYSTAAT. – Riaan Heine (43), ‘n boer van Pretoriusrus in Frankfort, se liggaam is vroeër vandag in Leeuspruit gevind, nadat hy een van sy dogters Maandag gered en toe vermis geraak het.

Kapt. Loraine Earle sê aan Nuusflits Heine is deur ‘n sterk stroom in die spruit op sy plaas meegesleur. Hy het volgens inligting sy jong dogter wat in die water in die moeilikheid beland het, gered. Nadat hy haar na veiligheid gebring het, het hyself in die moeilikheid beland en is deur die water meegesleur. Hy kon nie op sy eie uit die water kom nie.

Polisieduikers het sy liggaam na ‘n soektog ongeveer 800 meter van waar hy vermis geraak het, gevind. ‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief