Boishaai-gemeenskap vier ‘wonderwerk’ met Henko die hamster

Lees ook :

Foto's: Hoër Jongenskool Paarl Boys' High School

WES-KAAP. – Die groter Boishaai-gemeenskap was Vrydag in rou gedompel toe daar tydens eerste pouse afskeid geneem is van Henko, die geliefde hamster wat as die “meester van saagsels” en ’n ware legende op vier pootjies beskryf is.

Die Hoër Jongenskool Paarl sê op sosiale media leerlinge en personeel het tydens ’n kort roudiens hulde gebring aan die klein troeteldier, wat klaarblyklik verdwyn het en vermoedelik dood was. Tot groot verligting en vreugde is Henko egter oor die naweek springlewendig gevind. Die nuus het vinnig versprei en groot opgewondenheid onder die skoolgemeenskap veroorsaak. “Lank lewe Henko!” was die algemene sentiment nadat die goeie nuus bekend geword het.

“Die groter Boishaai-gemeenskap was die afgelope Vrydag in rou gedompel toe ons Henko, meester van saagsels en legende op 4 pootjies, moes groet tydens ń roudiens in eerste pouse. Ons is baie verheug om te deel dat wonderwerke gebeur en Henko oor die naweek springlewendig gevind is. Lank lewe Henko! Tandem Fit Arbor Surculus!”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief