Die Afrikaanse sanger, Bok van Blerk en die aktrise, Hanna Grobler, vier vandag hulle tiende huweliksherdenking.
Van Blerk het ’n Facebook-plasing van hom en Hanna op hul troudag gemaak. Hulle het drie kinders. Aanhangers het hulle met hulle dekade van getroude lewe gelukgewens.
Grobler is deesdae die aanbieder van die Die groot afskud op ViaTV waar deelnemers gewig verloor. Van Blerk se skedule vir 2024 is propvol optredes.
Die paartjie op hulle troudag tien jaar gelede:


Bronne: Bok van Blerk Facebook-blad, Hanna Grobler Instagram





