Brekende Nuus
Afrikaans

Bok van Blerk verjaar in Thailand

Hy en Bernice West het onlangs die duet “Die Afrikaner maak so” vrygestel.

Bok vier sy verjaardag in Thailand. Foto: Facebook
Bok vier sy verjaardag in Thailand. Foto: Facebook

Die Afrikaanse sanger, Bok van Blerk, vier vandag sy 46ste verjaardag in Thailand by die Katathani Phuket Beach Resort.

Bok, oftewel Louis Andreas Pepler het sy debuutalbum De La Rey in 2005 vrygestel. Treffers soos My kreet en Lemoene het sedertdien verskyn.

Hy en Bernice West het onlangs die duet Die Afrikaner maak so vrygestel.

Aanhangers het hom op sy Facebook-blad gelukgewens. “Mag blessings jou oorrompel soos ’n tsoenami,” het een opgemerk. Ander het hom weer met sy tiende huweliksherdenking van gister gelukgewens.

Bronne: Bok van Blerk Facebook-blad, Kunstenaar Ondersteuningsblad Facebook