Bokkies lewer goeie vertoning

Lees ook :

Foto: Johan Maree

Suid-Afrika se o.18-rugbyspan het Vrydag in hulle eerste wedstryd van die toernooi gespeel. Die Bokkies het ‘n goeie vertoning gelewer om Ierland 38-26 te troef.

Die SA o.18’s het ‘n welverdiende rustydvoorsprong van 21-12 geniet nadat hulle drie verdoelde drieë gedruk het, terwyl die Iere met twee drieë en ‘n doelskop tydens ‘n ondernemende eerste helfte geantwoord het.

Riley Norton (slot), is as speler van die wedstryd aangewys is; hy het weliswaar die voortou geneem en gesorg dat die gashere in die eerste helfte die oorhand in die vaste spel gehad het. Die Iere het egter goed teruggekom in die tweede helfte met baie beter skrumwerk, veral nadat hulle hul plaasvervanger-voorspelers opgestuur het.

Ierland het ook die wedstryd uitsonderlik begin met Connor Magee (haker) wat in die regterhoek oorgeduik het om hulle met 5-0 te laat voorloop. Vyf minute later het die SA o.18’s se Markus Muller egter onder die pale gaan druk om sake gelyk te maak.

Die Suid-Afrikaner Zekhethelo Siyaya het twee keer agter die doellyn gaan kuier. Ten spyte daarvan dat Suid-Afrika onnodig te veel foute gemaak het en met twee geel kaarte gestraf is, het hul hard terugbaklei om tog die oorhand te behou. Die opwindende agterspeler Cheswill Jooste het die Ierse verdediging op hol gehad met ‘n vyfde drie vir die tuisspan, wat dan ook deur die heelagter Akahluwa Boqwana verdoel is.

Engeland moes in ‘n vroeër wedstryd diep gaan delf en het puik terugbaklei in die tweede helfte om hul rustyd-agterstand van 20-10 uit te wis om ‘n woelige Georgië met 27-20 te verslaan vir hul eerste oorwinning van die reeks.

Die o.18 Internasionale Reeks sluit Dinsdag af wanneer Suid-Afrika teen Engeland en Ierland teen Georgië op Paarl Boy’s High se Brugstraat-velde te staan kom.

Puntemakers:
Suid-Afrika 38 (21) – Drieë: Markus Muller, Zekhethelo Siyaya (2), Sethu Mnebelele,
Cheswill Jooste. Doelskoppe: Yaqeen Ahmed (3), Akahluwa Boqwana (2). Strafdoel:
Vusi Moyo.

Ierland 26 (12) – Drieë: Conor Magee (2), Jack Deegan, Jamie Conway. Doelskoppe:
Tom Wood, Conor O’Shaughnessy (2).Suid-Afrika 38 (21) – Drieë: Markus Muller,
Zekhethelo Siyaya (2), Sethu Mnebelele, Cheswill Jooste. Doelskoppe: Yaqeen Ahmed
(3), Akahluwa Boqwana (2).
Op die foto plons die opwindende agterspeler Cheswill Jooste deur ‘n modderpoel vir
SA se vyfde en laaste drie van die wedstryd. Foto aXnshots – Johan Maree

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief