VSA. – ’n Delta-vliegtuig het gister (Vrydag) kort na opstyging byna met ’n Amerikaanse lugmagstraler naby Reagan National-lughawe gebots.
Lees ook: Familie van drie na vliegtuigongeluk deur barmhartige Samaritaan gered
Die vliegtuig het pas opgestyg toe alarms gewaarsku het dat daar ’n ander vliegtuig naby is. Die straler het teen 350 myl per uur verby die Delta-vliegtuig en lughawe gevlieg.
Die lugvaartbeheerbeamptes kon vir die straler en vliegtuig noodbevele gee om ’n botsing te vermy. Later het die vlieënier van die Delta gevra: “Was daar ’n regte straler omtrent 500 voet onder ons?” en die lugvaartbeheer het geantwoord: “Ja Delta”.
Volgens die Federale Lugvaartadministrasie was die straler en nog drie ander in die gebied om oor die Arlington- nasionale begraafplaas te vlieg. Die FLA het gesê dit gaan die voorval ondersoek.
Die voorval het gebeur op byna dieselfde plek as die ongeluk in Januarie toe ’n American Airlines-vliegtuig met ’n Black Hawk-helikopter gebots het.
Close call reported between Delta flight DL2983 and Air Force T-38 jet near Reagan National 🚨Via @AirNavRadar
— Flight Emergency (@FlightEmergency) March 29, 2025
Flight data: https://t.co/F3YVXmDtAJ pic.twitter.com/uhHRkQr1yj
Bronne: Daily Mail, CNN, USA Today
Lees ook: Familie van drie na vliegtuigongeluk deur barmhartige Samaritaan gered
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].





