Brekende Nuus
Afrikaans

Brand by fabriek en pakhuis eis 16 lewens – dodetal kan styg

Brand by fabriek en pakhuis eis 16 lewens - dodetal kan styg
fotokrediet: Canva
Brand by fabriek en pakhuis eis 16 lewens - dodetal kan styg fotokrediet: Canva

BANGLADESJ. – Altesaam 16 mense is dood nadat ‘n groot brand  gister by ‘n klerefabriek en chemiese pakhuis in Bangladesj uitgebreek het. Owerhede het gewaarsku die dodetal kan moontlik nog styg met verskeie mense wat vermis word.

Lees ook: Nadoodse ondersoek vir atleet wat ná halfmarathon sterf

Die brand het by die chemiese fabriek begin voordat dit na die klerefabriek versprei het en eers gisteraand geblus is.

Mohammad Tajul Islam Chowdhury, direkteur van die branddiens, het aan plaaslike media gesê die slagoffers is waarskynlik “onmiddellik” oorlede nadat hulle “hoogs toksiese gas” ingeasem het.

Chowdhury het gesê die eienaars van die pakhuis en fabriek word nog gesoek en dat ‘n ondersoek aan die gang is om uit te vind of die pakhuis wettig was.

Bronne: BBC, ABC, Gulf News

Lees ook: Nadoodse ondersoek vir atleet wat ná halfmarathon sterf