Brand by fabriek en pakhuis eis 16 lewens – dodetal kan styg

Lees ook :

Brand by fabriek en pakhuis eis 16 lewens - dodetal kan styg fotokrediet: Canva

BANGLADESJ. – Altesaam 16 mense is dood nadat ‘n groot brand  gister by ‘n klerefabriek en chemiese pakhuis in Bangladesj uitgebreek het. Owerhede het gewaarsku die dodetal kan moontlik nog styg met verskeie mense wat vermis word.

Lees ook: Nadoodse ondersoek vir atleet wat ná halfmarathon sterf

Die brand het by die chemiese fabriek begin voordat dit na die klerefabriek versprei het en eers gisteraand geblus is.

Mohammad Tajul Islam Chowdhury, direkteur van die branddiens, het aan plaaslike media gesê die slagoffers is waarskynlik “onmiddellik” oorlede nadat hulle “hoogs toksiese gas” ingeasem het.

Chowdhury het gesê die eienaars van die pakhuis en fabriek word nog gesoek en dat ‘n ondersoek aan die gang is om uit te vind of die pakhuis wettig was.

Bronne: BBC, ABC, Gulf News

Lees ook: Nadoodse ondersoek vir atleet wat ná halfmarathon sterf

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief