Kyk: Brandende motor steek glo Tafelberg aan die brand

Lees ook :

'n Brandende motor het Saterdagmiddag Tafelberg aan die brand gesteek. Fotokrediet: NCC Wildfires, I love Cape Town Facebook en Yusuf Sayed

KAAPSTAD. – ’n Motor het ongeveer 13:00 in Tafelbergweg aan die brand geslaan. Dit het daartoe gelei dat die omliggende bosse vlamvat en gevolglik het die brand tot teen Tafelberg gevorder. Tafelbergweg is toe vir enige verkeer.

Volgens omstanders het die brand links van die kabelkarkantore opwaarts versprei. Tafelberg se kabelkarmaatskappy het aangekondig geen verdere toegangskaartjies sal verkoop word nie en besoekers sal veilig van die berg af vergesel word.

Tafelberg Nasionale Park, NCC Wildfires asook Nuweland- en Kloofnek-brandbestrydingspanne, saam met drie Huey-helikopters is ingeroep om die brand onder beheer te bring.

’n Beroep is op stappers gedoen wat op roetes naby die Platteklip-ravyn en omliggende areas is, om as voorsorgmaatreël van die berg af te beweeg.

Besoekers wat op die berg tydens die uitbreek van die brand was, het begin om foto’s en video’s op sosiale media te plaas. Yusuf Sayed het ’n video geplaas waarin hy noem dat sy seun na bewering die eerste een was om die rook sien. Hulle het dit aan die Tafelberg-owerhede gaan rapporteer.

Geen inligting is nog oor die uitgebrande motor en die omstandighede waaronder dit aan die brand geslaan het, uitgereik nie.

Navraag is aan Kaapstad-SAPD rakende die insident en die betrokke motor gestuur.

Hier is ‘n paar plasings wat deur omstanders op sosiale media gelaai is:

Bronne: Table Mountain Aerial Cableway, NCC Wildfires, Yusuf Sayed Facebook-profiel, Table Mountain National Park, Twitter

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief