‘Brandstigter’ in hof nadat 76 sterf

Lees ook :

Foto: NVG

GAUTENG. – Lawrance Sithembiso Mdlalose (30), wat na bewering verantwoordelik was vir die Usindiso-gebou wat gebrand het en tot die dood van 76 persone en besering van nog 12 persone gelei het, het Vrydag vir die eerste keer in die Johannesburg-hooggeregshof voorgekom.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder vir die NVG, sê Mdlalose saan op 76 aanklagte van moord en 12 aanklagte van poging tot moord tereg. ‘n Kommissie van ondersoek is na die insident op die been gebring en Mdlalose het, terwyl hy getuig het, ‘n bekentenis aan die landdros afgelê. Mdlalose is op 23 Januarie 2024 gearresteer.

Kol. Andile Manganyi, wat die ondesoek lei het, sê die beskuldigde was op 31 Augustus 2023 met ene KB, ‘n inwoner op die grondvloer, in ‘n gewelddadige woordewisseling betrokke. KB is na bewering aangerand, omdat Mdlalose betaling gesoek het vir dwelms wat KB glo namens hom verkoop het. Die aanranding het aangehou totdat KB sy bewussyn verloor het.

Mdlalose het gedink KB is dood en was glo paniekerig, waarna hy brandstof gaan koop het en KB se liggaam aan die band gesteek het. Die brand het vinnig in die gebou versprei, wat tot die dood en beserings van onskuldige mense gelei het. Sommige inwoners het uit die gebou gespring en ander het om hulp geskree, terwyl Mdlalose dit aanskou het.

“Na die tyd het verkoolde en ernstig beseerde liggame in en om die gebou gestrooi gelê.”

Mjonondwane bevestig die saak is vir bevestiging van regsverteenwoordiging vir die beskuldigde en voorverhoorverrigtinge tot 21 Februarie uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief