WES-KAAP. – ‘n Brandstofheffing word vandag amptelik ingestel ná die EFF gister in die Wes-Kaapse hooggeregshof ’n aansoek verloor het om die heffing op te skort.
Lees ook: Só daal brandstofpryse in Junie
Die brandstofprys daal nietemin steeds dié maand, ondanks die heffing wat van krag word. Na raming sal die heffing R1.3 miljard aan ekstra inkomste verseker.
Die EFF het aangevoer dat die heffing die armste mense in die land die slegste gaan tref en dat net die parlement kan besluit om die brandstofheffing te verhoog, nie die minister nie.
Die party is aangesê om die regskostes te dek.
Bronne: EWN, Jacaranda FM, IOL
Lees ook: Brandstofheffing laat prys moontlik minder in Junie daal





