Brekende Nuus
Afrikaans

Brandstofprys daal moontlik in November

Brandstofprys daal moontlik in November

fotokrediet: Canva
Brandstofprys daal moontlik in November fotokrediet: Canva

Nuwe data van die Sentrale Energiefonds dui op ‘n daling in die brandstofprys in November.

Lees ook: Geel vlak 2-waarskuwing vir donderstorms vir vandag vir Limpopo uitgereik

Die prys van 93-oktaan petrol kan met 61 sent per liter daal en die prys van 95-oktaan petrol met 58 sent per liter.

0.05%-diesel se prys kan met 26 sent per liter daal en die prys van 0.005%-diesel ook met 26 sent per liter.

Die amptelike prys sal eers aan die einde van die maand aangekondig word.

Bronne: BusinessTech, TopAuto, Johannesburg ETC

Lees ook: Geel vlak 2-waarskuwing vir donderstorms vir vandag vir Limpopo uitgereik