Die nuutste data van die Sentrale Energiefonds dui op ‘n moontlike daling in die brandstofprys in November.
Lees ook: Reën vir môre voorspel
Die prys van 93-oktaan petrol kan daal met 61 sent per liter terwyl die prys van 95-oktaan petrol met 57 sent per liter kan daal.
Die prys van 0.05%-diesel kan met 33 sent per liter daal en die prys van 0.005%-diesel met 31 sent per liter.
Dit is nog nie die finale pryse nie en kan verander voordat dit amptelik op die eerste Woensdag van die maand aangepas word.
Bronne: ShowMe SA, BusinessTech, The South African
Lees ook: Reën vir môre voorspel
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: