Die nuutste data van die Sentrale Energiefonds dui op ‘n moontlike styging in die brandstofprys vir Desember.
Lees ook: 4 mense dood in Russiese aanval op Kijif
Die prys van 93-oktaan petrol kan met 14 sent per liter styg en die prys van 95-oktaan petrol met 19 sent per liter.
Die prys van 0.05%-diesel kan met 68 sent per liter styg en die prys van 0.005%-diesel met 82 sent per liter.
Die pryse kan nog verander voor die amptelike aanpassing op die eerste Woensdag van die nuwe maand gemaak word.
Bronne: BusinessTech, Daily Investor, Swisher Post
Lees ook: 4 mense dood in Russiese aanval op Kijif





