Lees ook: Hittegolf op pad vir verskeie provinsies
Die nuutste data van die Sentrale Energiefonds dui op ’n moontlike verdere daling in die brandstofprys in November. Petrol se prys kan met 15 tot 23 sent per liter daal en dié van diesel met 10 sent per liter.
Die nuwe pryse kom met ’n waarskuwing dat die pryse moontlik later in November met die swakker rand en die gevegte tussen Iran en Israel kan styg.
Internasionale oliepryse het gestyg ná vyandelikhede tussen Iran en Israel.
Die petrolprys sal amptelik op 6 November aangepas word.
Bronne: BusinessTech, The Citizen, Daily Investor
Lees ook: Hittegolf op pad vir verskeie provinsies





