GAUTENG. – ‘n Brasiliaanse burger (21) wat Dinsdag omstreeks 12:20 van São Paulo op OR Tambo Internasionale Lughawe geland het, is met kapsules wat glo kokaïen bevat in sy maag vasgetrek.
Brig. Athlenda Mathe sê inligting is opgevolg, waarna die Brasiliaan gearresteer is en na ‘n plaaslike hospitaal geneem is. ‘n X-straal het die aanwesigheid van voorwerpe in sy maag bevestig. Mathe het bevestig die verdagte het sedert Dinsdag die kapsules begin uitlaat.
Die verdagte sal voor die einde van die week op aanklagte van dwelmbesit en -handel in die Kempton Park-landdroshof verskyn.





