Brekende Nuus: ‘Dwelmsindikaat’ ontbloot

Lees ook :

Foto: SAPD

GAUTENG. – Die polisie het ‘n beweerde dwelmsindikaat wat glo onwettige steroïde, geskeduleerde medisyne, stimulante en ander prestasieverbeterende middels aan aanlyn kliënte verkoop, ontbloot.

Lt. kol. Amanda van Wyk sê verskeie verdagtes is by verskeie plekke in Pretoria gearresteer.

“Ondersoeke, wat ‘n forensiese ontleding ingesluit het, het aan die lig gebring dat een van die produkte wat aanlyn as ‘n “vetverbrander” verkoop word, dimethylphenethylamine bevat, ‘n isomeer van metamfetamien wat in die algemeen as crystal meth of tik bekend staan.”

Hierdie is ‘n ontwikkelende storie en die polisie is steeds op die aktiewe misdaadtoneel in East Lynne teenwoordig.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief