Brendan Peyper, wat Dinsdag ‘n operasie ondergaan het en deurentyd sy ondersteuners op sosiale media op hoogte gehou het, het ‘n plasing gemaak om te verduidelik wat sy operasie behels het.
Brendan het volgens sy plasings onder andere ‘n bloedblasie op sy stemband gehad wat medies verwyder moes word.
In hierdie jongste plasing bedank hy sy ondersteuners en noem dat hy positief bly en vorentoe kyk en eersdaags weer in die tuig sal wees.
Lees sy plasing hier:
Ek is dankbaar vir JOU
Ek wou nie teveel in detail gaan oor die operasie self nie, want ek voel dit is ‘n klein setback en dit is waar ek mentally is, bly positief en kyk nie terug nie, slegs vorentoe, maar ja toe het die Huisgenoot en ander media my voorgespring.
Ek weet nie hoe vêr ek sou gaan om nou al weer te kan sing nie, maar dit is definitief nie om die draai nie.
Daar is so baie van julle wat vrae het en ipv om elkeen te reply (wat ure gaan vat) het ek gedink ek doen dit sommer hier.
So die operasie het die volgende behels:
• Verwydering van teruggegroeide mangel
• Verwydering van Adenoids
• Afgewykte Septum operasie (Neus)
• Verwydering van bloedblasie op stemband
Dinsdag gaan ek weer na die Dr. toe om te kyk waar ons staan en of ek weer my stem kan begin opwarm en dan mag ek weer hopelik stadig begin gesels.
Die operasie was 5 en ‘n half ure lank en alles het goed gegaan. Ek is konstant op pynmedikasie en voel redelik 24/7 soos ‘n zombie
maar ons vat hom!
Ons kyk na so 4 weke wat ek uit die game uit gaan wees ![]()
Dit is steeds ‘n voorreg om elke oggend gesond wakker te kan word met mense om my wat my liefhet, ‘n dak oor my kop en kos op die tafel.
Ek weet ons almal het ons challenges, en julle hoef seker nie om te gee of daar te wees vir my nie, maar julle IS!
En daarvoor sê ek DANKIE
Liefde
Peypies ![]()
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





