Britse akteur sterf op ouderdom 87

Lees ook :

Foto: Deadline Hollywood

INTERNASIONAAL. – John Nolan, veral bekend vir sy rolle in Batman Begins en The Dark Knight Rises, asook die televisiereeks Person of Interest is Saterdag oorlede.

Die oorsaak van sy dood is nog nie bekend gemaak nie. Hy word deur sy vrou, die aktrise Kim Hartman, hul kinders en kleinkinders oorleef. Nolan was ’n ervare verhoog- en rolprentakteur met ’n loopbaan wat oor dekades gestrek het. Hy is in 1938 in Londen gebore en het sy loopbaan in die teater begin, onder meer by die Royal Shakespeare Company, voordat hy na televisie en rolprente beweeg het. Hy het gereeld saam met sy neefs Christopher en Jonathan Nolan gewerk en het in verskeie van Christopher, ‘n bekroonde filmmaker, se rolprente verskyn.

Bronne: Hollywood Page of Death, TMZ, Entertainment Weekly en KTLA 5 News

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief