KIMBERLEY – Hierdie naweek is perfek om ’n lekker Britse lam op ’n Argentynse spit te braai terwyl jy vir die rugbywêreldbeker-eindstryd gereed maak.
Jy het niks fancy soos ’n self-rotating rotisserie nodig nie. Jy kan enige plek, selfs in jou agtertuin met ’n klein bietjie moeite en ‘n paar warm kole ’n spesiale byeenkoms vir jou familie en vriende skep.
Nou gaan ons Asado
Asado is so spesiaal vir die Suid-Amerikaners van Uruguay en Argentinië soos wat braai vir Suid-Afrikaners is. Hulle is wêreldbekend vir die wyse waarop hulle ’n heel lam op ’n oop vuur spit.
Bestanddele vir Lamb al Asador (Asado)
’n Heel Britse lam vars vir die naweek van Japan ingevoer.
Verskeie groentes na smaak. Mielies op die stronk en gebraaide sampioene kan die ete afrond.
Die geheime braaisous
Die grootste geheim agter die smaak van die lekkerste spitbraai wat jy nog in jou lewe geëet het, is die varsgemaakte sous. Dit moet regdeur die braaiproses met ’n roosmaryntak oor die lam gesmeer word.
- 1 bossie pietersielie
- 4 takkies roosmaryn
- 3 koppies water
- ½ koppie sout
- ½ koppie rooi asyn
- ½ koppie suiker
- 1 lemoenskil
- 1 gram oreganum