Britse lam gespitbraai vir D-dag

Lees ook :

KIMBERLEY – Hierdie naweek is perfek om ’n lekker Britse lam op ’n Argentynse spit te braai terwyl jy vir die rugbywêreldbeker-eindstryd gereed maak.

Jy het niks fancy soos ’n self-rotating rotisserie nodig nie. Jy kan enige plek, selfs in jou agtertuin met ’n klein bietjie moeite en ‘n paar warm kole ’n spesiale byeenkoms vir jou familie en vriende skep.  

Nou gaan ons Asado

Asado is so spesiaal vir die Suid-Amerikaners van Uruguay en Argentinië soos wat braai vir Suid-Afrikaners is. Hulle is wêreldbekend vir die wyse waarop hulle ’n heel lam op ’n oop vuur spit.  

Bestanddele vir Lamb al Asador (Asado)

’n Heel Britse lam vars vir die naweek van Japan ingevoer.

Verskeie groentes na smaak. Mielies op die stronk en gebraaide sampioene kan die ete afrond.

Die geheime braaisous 

Die grootste geheim agter die smaak van die lekkerste spitbraai wat jy nog in jou lewe geëet het, is die varsgemaakte sous. Dit moet regdeur die braaiproses met ’n roosmaryntak oor die lam gesmeer word.

  • 1 bossie pietersielie
  • 4 takkies roosmaryn
  • 3 koppies water
  • ½ koppie sout
  • ½ koppie rooi asyn
  • ½ koppie suiker
  • 1 lemoenskil
  • 1 gram oreganum

Sien die video vir die voorbereiding van die sous en spit.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief