AHMEDABAD, INDIЁ. – ’n Britse man is die enigste oorlewende van gister se Air India-vliegtuigongeluk waarin 241 mense omgekom het.
Lees ook: Liggame gevind ná vliegtuigongeluk
Vishwashkumar Ramesh is die enigste oorlewende passasier van die Boeing 787 wat neergestort het kort nadat dit die lughawe verlaat het.
Die vliegtuig het op ‘n koshuis van ‘n mediese kollege geval minder as ’n minuut nadat dit vir ’n vlug na Gatwick, Londen opgestyg het. Dit is onbekend hoeveel mense op die grond oorlede is.
Die oorsaak van die vliegtuigongeluk word ondersoek en die vlugopnemers word gesoek.
Bronne: BBC, NBC News, Sky News
Lees ook: Liggame gevind ná vliegtuigongeluk





