Britse seun wat ses jaar gelede in Spanje vermis raak in Frankryk gevind

Lees ook :

Foto: Wales Online

INTERNASIONAAL. – Alex Batty (17) was 11 jaar oud toe hy in 2017 tydens ‘n vakansie met sy ma en oupa (David en Melanie Batty) in Málaga, Spanje, vermis geraak het. Susan Caruana, Alex Batty se ouma, is sy primêre wettige voog. Batty het pas in die suide van Frankryk te voorskyn gekom.

Volgens Franse owerhede het die tiener ‘n spiritualistiese gemeenskap in die Pireneë verlaat. Hy is Woensdagoggend omstreeks 03:00 Europese tyd deur ‘n afleweringsbestuurder ‘n geleentheid gebied waar hy in die reën langs die pad in Revel gestap het. Hy het toe reeds vier dae gestap. Batty het ‘n rugsak, skaatsplank en flitslig by hom gehad.

Daar is volgens beriggewing nie inligting waar sy ma en oupa, wat vir sy verdwyning gesoek word, hulle tans bevind nie. Melanie Batty het in 2017 met Alex by die spiritualistiese gemeenskap aangesluit. Hy het die gemeenskap en leefstyl verlaat om sy ouma te soek.

Met behulp van die afleweringsbestuurder kon hy vir sy ouma ‘n boodskap op sosiale media stuur. Hulle het Donderdagaand met ‘n video-oproep gepraat en die ouma het bevestig Alex is haar kleinseun.

Antoine Leroy, adjunk-aankler in Toulouse, sê Alex het die afgelope twee jaar in verskillende dele in die suide van Frankryk saam met sy ma deurgebring, maar dit was nie by ‘n sekte nie.

Matt Boyle van die polisie het bevestig Alex is terug by familie in die VK. Hy en sy familie sal deur die owerhede ondersteun word om hul veiligheid en welstand te verseker terwyl hy in die gemeenskap heropgeneem word.

Die ondersoek na waar sy ma is, sy verdwyning en waar hy hom bevind het duur steeds voort.

Bronne: Global News, The Guardian en Sky News

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief