Britse toeris verdrink in natuurreservaat

Lees ook :

Foto: NSRI

KWAZULU-NATAL. – ‘n Britse toeris (47) het Maandag op ‘n afgeleë strand in die Cape Vidal-natuurreservaat verdrink.

Volgens ‘n verklaring van die NSRI het die spanne aan diens ‘n noodoproep van Ezemvelo-wildbewaarders oor ‘n verdrinking ontvang. Die NSRI met reddingswemmers het met ‘n reddingsvoertuig en -vaartuig na die toneel vertrek. KZN Private Ambulance-dienste het ook bystand verleen.

Die toeris kon deur die reddingswemmers uit die branders gehaal word, maar hy was reeds oorlede.

“Die liggaam van die man is in die sorg van die polisie en staatsgesondheid se forensiese patologiedienste geneem.”

‘n Geregtelike doodsondersoek is deur die polisie geopen.

Dit lyk asof die man op toer in die Cape Vidal-natuurreservaat was. Hy het gaan swem en in die branders in die moeilikheid geraak, waarna hulp ontbied is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief