Britse vrou aan hondsdolheid dood ná hond haar krap

Lees ook :

Britse vrou oorlede aan hondsdolheid nadat hond haar krap fotokrediet: Canva

MAROKKO. – ’n Britse vrou is oorlede aan hondsdolheid nadat sy in Marokko deur ’n hondjie gekrap is.

Lees ook: KYK: SpaceX Starship raak aan die brand ná ontploffing in Texas

Yvonne Ford (59) van Barnsley, Suid-Yorkshire, se familie het op sosiale media gesê sy het ligte kontak met ’n straathond gehad toe sy in Februarie in Marokko met vakansie was.

Haar familie het gesê sy het twee weke gelede ’n hoofpyn ontwikkel en kon later nie “eet, loop, praat of slaap nie”. Ford is op 11 Junie dood in die Royal Hallamshire-hospitaal in Sheffield nadat sy aanvanklik in die Barnsley-hospitaal gediagnoseer is.

Haar dogter het op Facebook gesê sy is in Februarie in Marokko baie liggies deur ’n hondjie gekrap en dat sy nie iets daarvan gedink het totdat sy siek geraak het nie.

Die simptome vir hondsdolheid kan binne drie tot 12 weke verskyn, maar dit kan ook maande of jare neem. Mense word aangemoedig om mediese hulp te kry as hulle deur diere gebyt, gekrap of gelek word wanneer hulle oorsee is.

Bronne: BBC, Sky News, Metro

Lees ook: KYK: SpaceX Starship raak aan die brand ná ontploffing in Texas

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief