Broer gevonnis wat suster deur verkragting swanger maak

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – ‘n Man (32) van Garies is vir die verkragting van sy suster (22) skuldig bevind en tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis. Sy het in 2021 swanger geraak nadat hy haar verskeie kere sedert 2020 verkrag het.

Kapt. Ivan Magerman, polisiewoordvoerder van die Namakwa-distrik, sê na elke voorval het die beskuldigde die slagoffer tot stilte gedreig. In 2021 het die slagoffer uitgevind dat sy swanger is, maar het ‘n vals naam vir ‘n pa van die baba gegee. In Februarie 2024 is die slagoffer weer aangerand en verkrag, waarna die beskuldigte in hegtenis geneem is. Vier maande later is die saak, in afwagting van DNS-uitslae, van die hofrol verwyder, die beskuldigde is vrygelaat en het die slagoffer weer verkrag. Die slagoffer het ’n tweede verkragtingsaak teen die beskuldigde geopen en hy is weer in hegtenis geneem.

DNS-resultate het later bevestig dat die broer, die beskuldigde, wel die baba se pa is.

Magerman sê voorts die beskuldigde is op 20 Mei gevonnis en sy naam sal in die nasionale register vir seksuele oortreders aangeteken word. Brig. Schalk Andrews, die distrikskommissaris van Namakwa, het die vonnis verwelkom. Andrews het konst. Nqabisa Sishuba, die ondersoekbeampte in die saak, en mnr. Basil Kock, die staatsaanklaer, vir hul samewerking vir die suksesvolle afhandeling van die saak geprys: “Hierdie skuldigbevinding is ’n duidelike aanduiding dat geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord ’n nasionale prioriteit is.”

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief