VRYSTAAT.- James Nkhatho (34) is deur die Bloemfontein-streekhof aan bloedskande met sy suster skuldig bevind en gevonnis. Nkhatho word geïdentifiseer omdat verskillende vanne ter sprake is.
Sers. Sinah Mpakane sê Nkhatho se suster, ‘n maatskaplike werker by Lemo Mall, het op 14 Julie 2023 ‘n saak van bloedskande geopen. Beide bly in hulle pa se huis in Rocklands. Die broer en suster het ‘n seksuele verhouding gehad en twee kinders, beide verstandelik gestrem, is uit die verhouding gebore.
‘n Vonnis wat in 2019 aan Nkhatho vir dieselfde misdaad opgelê is, is ook tydens vonnisoplegging in ag geneem. Hy is in 2019 tot sewe jaar tronkstraf, wat vir vyf jaar opgeskort is, gevonnis.
Nkhatho sal dus vyf jaar, met ‘n verdere 10 jaar tronkstraf wat vir vyf jaar opgeskort is, in die tronk deurbring.





