Broers baklei glo oor hond, een sterf

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Man (29) van die plaas Ha-Mafutha, naby Warden, is gearresteer nadat hy en sy broer tydens ‘n bakleiery beserings opgedoen en sy broer gesterf het. Die broers het glo handgemeen geraak omdat die oorledene die beskuldigde se hand beseer het.

AO Mmako Mophiring sê die gewelddadige bakleiery het veroorsaak dat beide die broers in die hospitaal opgeneem is. Lerole Pitso het nog gelewe toe hy by die hospitaal aangekom het, maar het tydens behandeling aan sy beserings gesterf.

Die Harrismith-polisie is omstreeks 03:45 vir ‘n moord na die hospitaal ontbied. Pitso het ‘n oop steekwond aan sy kop en linkerboarm gehad. Die beskuldigde is glo met ‘n stok geslaan en het beserings aan sy hand opgedoen, maar is intussen uit die hospitaal ontslaan.

Die moord word ondersoek. Die beskuldigde sal Dinsdag op ‘n aanklag van moord in die Warden-landdroshof verskyn.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief