Broers sterf binne enkele dae uit mekaar

Lees ook :

Foto: Ilse Jordan Photography

WES-KAAP. – Richard John Henrie Swart (42) en sy broer Corné Swart (36) van Oudtshoorn het vier dae uit mekaar op 20 en 24 Februarie gesterf, Richard in ‘n motorfietsongeluk en Corné weens kanker.

Pierré Jordaan het op die Oudshoorniete staan saam se Facebook-blad gevra hoe ‘n ma wat beide haar seuns verloor het, vertroos moet word. Medelye stroom in vir die broers wat wel bekend in hulle gemeenskap was.

Gherdèa Dea Swart sê op 20 Februarie: “My man ek’t nie woorde nie, jy’t ‘n bitter groot bom op my gebars en my hart weet nie hoe hy dit het nie. Ek’t jou onmenslik bitter baie lief, ek was nie reg vir hierdie nie, ons sou saam oud word, altyd gepraat oor dit, hoe ons die kleinkinders sou bederf eendag en nou is ek alleen. Ek sal jou altyd lewendig hou by seuntjie, seuntjie se hartjie is bitter swaar en seer die mannetjie soek net sy pappa. R. I. V. my man tot ons mekaar eendag weer sien.” ‘n Skarebefonsingsprofiel is deur Ruan van den Berg vir Richard geregistreer om sy gesin te ondersteun.

Volgens die Oudtshoorn Courant was Richard die oudste kind van vier en Corné die jongste van drie broers wat hulle broer Louis, suster Bennedette, pa Wessel en ma Magda Scholtz agterlaat.

Bronne: Oudshoorniete staan saam Facebook-blad, BackaBuddy, Facebook, Oudshoorn Courant

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief