Bruce Willis geniet goeie gesondheid, alhoewel spraak en breinfunksie agteruitgaan

Lees ook :

Foto: Demi Moore Instagram

Volgens ‘n onderhoud met ABC is Bruce Willis se algemene gesondheid volgens Emma Heming Willis, sy vrou, goed, alhoewel die wêreldberoemde akteur se brein en spraakvermoë besig is om agteruit te gaan. Die 70-jarige akteur is gedurende 2022 met afasie gediagnoseer en later met frontotemporale demensie.

“Bruce is steeds baie beweeglik en oor die algemeen geniet hy goeie gesondheid. Dit is net sy brein wat hom faal,” het sy verduidelik. Sy vertel dat die gesin geleer het om aan te pas en op ander maniere met hom te kommunikeer.

Heming Willis sê die eerste simptome was ontstellend, aangesien haar man – bekend vir sy warmte en geselligheid – stiller en teruggetrokke geraak het. Tog ervaar die gesin steeds kort oomblikke waar sy persoonlikheid deurskyn.

Heming Willis, wat in 2009 met die akteur getrou het, publiseer op 9 September haar boek Unexpected Journey: Finding Strength, Hope and Yourself on the Caregiving Path.

Bronne: The Guardian, Page 6 en EW.com

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief