Bruid en ouers sterf dae uit mekaar

Lees ook :

Foto: Facebook

DURBAN. – Zoë Freshwater, ‘n bruid wat haar troudag moes uitstel omdat sy positief vir Covid-19 getoets het, en haar ouers is ‘n paar dae uit mekaar oorlede.

Haar pa het eerste simptome getoon, daarna Freshwater en toe haar ma. Freshwater is op Kersdag as gevolg van die virus dood. Volgens IOL het haar ma in ’n koma verval nadat sy die nuus van haar man se dood op 23 Desember ontvang het. Sy is op 29 Desember oorlede.

Werner Gresse, familie van haar verloofde, het ook die nuus op sy Facebook-blad gedeel. By die foto van Freshwater en haar ouers sê hy mense moet asseblief veilig en versigtig wees. “Ek hoop hierdie plasing maak mense bewus oor hoe gevaarlik hierdie virus kan wees.”

https://www.facebook.com/werner.gresse/posts/10224375454830606
https://www.facebook.com/sheldon.hendrikse/posts/10225784286380269

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief