BSV: Hiér is seisoen 17 se boere – wie is jou gunsteling?

Lees ook :

Foto: Boer Soek 'n Vrou

Foto’s in berig.

Reandi Grey, die nuwe aanbieder van Boer Soek ‘n Vrou, het foto’s saam met al tien die nuwe hubare boere van die 17de seisoen op sosiale media gedeel. Kyk na die foto’s hier onder in die berig.

Elke foto dui aan van waar die boer is en waarmee hy boer.

Jy moet gou spring, want die inskrywings sluit op 20 November. Kyk hier onder hoe maklik dit is om vir jou gusteling “boer te koer.”

Indien jy ‘n boer sien wat jou oog vang, moet jy natuurlik ‘n SA-burger, ouer as 21 jaar oud wees. Geskei of ‘n weduwee? Geen probleem nie, heg net ‘n afskrif van jou skeidokument of bewys van jou gade se afsterwe aan. Jou getekende vorm moet van ‘n afskrif van jou ID vergesel wees.

Voornemende pasmaats moet onthou om slegs vir een boer in te skryf.

Hoe skryf jy in? Per e-pos na [email protected], aanlyn by kyknet.tv, koerier na Boer Soek ‘n Vrou Coronationlaan 17, Somerset-Wes, 7130 of na PostNet 211, Privaatsak X15, Somerset-Wes 7129.

kykNet herinner: Aangesien Boer Soek ‘n Vrou 17 ‘n realiteitsreeks is, sal die gekose pasmaats hulself beskikbaar moet stel vir opnames op die boer se plaas (wat ‘n week mag duur) wanneer dit die vervaardigers se skedule pas en hulle sal bereid moet wees om van tyd tot tyd vir opnames (wat ‘n paar dae mag duur) weg van die huis af te reis. Opnames word vir Kaapstad beplan, om verskeie afsprake te verfilm wat jy met die boer van jou keuse moet nakom.

Vir enige verdere inligting kan Monique van Wolflight Films by 079 614 2229 gebel word, of e-pos haar by [email protected].

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief