BSV: Totsiens Marciel, hallo Reandi

Lees ook :

Foto's: Boer Soek 'n Vrou

Boer Soek ‘n Vrou het ‘n nuwe aanbieder. Marciel Hopkins, wat die afgelope vier jaar die verlief, verlore, verloof, troues, kindergeboortes en leed van die boere-deelnemers met Suid-Afrika gedeel het, het amptelik gegroet.

Reandi Grey, ook ‘n bekende gesig op die kassie, neem die leisels by Hopkins en die vorige en bekende dames wat reeds aanbieders was, oor. Grey is ‘n gebore en getoë Pretorianer wat in 2007 aan die Hoërskool Waterkloof gematrikuleer het en in 2008 ‘n diploma in mode-ontwerp by Lisof verwerf het. Daarna het sy in 2011 haar honeursgraad aan die NWU op die Pothefstroom-kampus vir grafiese kuns en ontwikkelingskommunikasie ontvang. Die krulkop is getroud en het twee dogters wat beide met net so ‘n krullebol soos hulle ma spog.

Willem Botha het die volgende boodskap gedeel: “REANDI!!!!!!!! Hierdie was seker die moeilikste geheim wat ek die laaste paar maande moes hou vir myself. Ek sal nooit Desember 2017 vergeet toe Leah vir my ‘n video stuur en sê sy’s die nuwe Boer Soek ‘n Vrou-aanbieder nie. Ek was buite myself. Net om te kan deel in een van jou beste maatjies se geluk, vreugde en sukses. En so gebeur dit toe weer. 8 Jun laat weet Reandi my sy is die nuwe aanbieder van Boer Soek ‘n Vrou. Ek’t nie geweet ek kon so skree oor ‘n WhatsApp nie, maar ek het! En nou kan sy dit uiteindelik met die wêreld deel! Jy is gemaak vir die show! En ek kan nie wag vir jou journey nie. Ek is bly, trots, dankbaar en soveel meer vir jou! BAIE BAIE BAIE geluk my liefste maat! Willem Botha Beauty is die grimeerborg van die nuwe seisoen met liefste Liebe Heyns aan die stuur as makeup artist. En Reandi ons pragtige ambassadeur van ons grimeermaatskappy.

Lees Marciel se afskeidsboodskap op sosiale media hier onder:

Fluit, fluit, my Boer Soek ’n Vrou storie is vir eers uit… 🥹🙏🏻 Dit was ‘n enorme voorreg om vir 4 seisoene deel te kon wees van hierdie fenomenale program wat elke jaar sóveel mense se lewens verander en verryk! Dankie dat julle 4 jaar terug vir my hierdie wonderlike geleentheid gegee het Elmarie Botha en kykNET – ek sal vir ewig dankbaar wees vir die potensiaal wat julle in my raakgesien het.

Aan die héle Boer Soek ‘n Vrou-span met wie ek die laaste 4 jaar gewerk het – DANKIE vir julle harde werk agter die skerms wat met sóveel humor en passie aangepak is. Ek gaan na julle verlang!

Liefste Philip en Roxanne – dankie dat ek my laaste seisoen op ‘n reuse hoogtepunt saam met julle kon eindig! My Prince – ek het oneindig baie by jou geleer, dankie dat jy elke individu om jou raaksien en ‘n plekkie in die son vir almal maak op stel. Rockie B – dankie dat jy my vir meer as 58 dae op stel laat mooi lyk én voel het met soveel liefde en geduld. Jy is ‘n vrou duisend – ek waardeer al tyd die wat jy weg van die huis af spandeer het saam met my!

Dan aan my man, wat my vir 41 weke geleen het vir Boer Soek ‘n Vrou – dankie dat jy my deur AL die ups en downs ondersteun het. Dankie dat jy nooit moeilik was omdat ek so lank van die huis af weg was nie, omdat jy geweet het hoe lief ek my werk het. Dankie dat jy vir 9 jaar al vlerke vir my drome bou, ek het jou lief met my hele hart Handré.

Foto: Marciel Hopkins

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief