Buitelander ontvoer tydens roof

Lees ook :

Buitelander ontvoer tydens roof
Buitelander ontvoer tydens roof fotokrediet: SAPD

Lees ook: Verdagtes probeer tiener dwing om selfdood te pleeg

GELVANDALE. – Die anti-bende polisie-eenheid in Gqeberha is op soek na ’n buitelander (20) wat Saterdagaand tydens ’n roof ontvoer is.

Die buitelandse man en ’n vriend het in ’n donkergrys VW Tiguan gery toe ’n onbekende wit voertuig voor hulle inry en hulle dwing om te stop. Nog ’n onbekende voertuig het agter hulle stilgehou. Twee onbekende verdagtes het met vuurwapens nader aan die voertuig gekom en die man en sy vriend gedwing om uit te klim. Die verdagtes het hulle geld en selfone gevat en die buitelandse man in die voertuig wat agter hulle was ingedwing en weggejaag.

Die rede vir die ontvoering is onbekend en geen eise is gemaak nie.

Bronne: SAPD

Lees ook: Verdagtes probeer tiener dwing om selfdood te pleeg

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief