Lees ook: Bfn-inwoners vaar spazawinkels in oor vermeende voedselvergiftiging
ETHEKWINI. – ’n Tiener (19) het gisteraand die Reaksie-eenheid SA (Rusa) gebel na sy 17 oproepe ontvang het van verdagtes wat haar wou dwing om voor die einde van die aand selfdood te pleeg.
Die meisie het gesê ’n onbekende man het haar verskeie kere vanaf ‘n Telkom-nommer gebel en gesê as sy haarself nie om die lewe bring nie, hy haar op verskeie sosialemediaplatforms gaan blootstel. Volgens haar het hy gesê hy gaan haar foto’s op sosiale media plaas en seksuele dade wat sy ’n week vroeër uitgevoer het, blootstel. Volgens haar is dit leuens en sy het niemand ontmoet soos wat die man aan haar beskryf het nie.
Nog twee manstemme was op die agtergrond te hoor tydens die oproepe. Die slagoffer is twee uur lank gereeld gebel en gesê sy moet haar polse sny of ’n oordosis van medikasie neem. Die man het gereeld gebel om te hoor of sy met die selfdoodpoging vorder.
Sy het besluit om ’n kriminele saak aan te meld.
*As jy sukkel met geestesgesondheidsuitdagings, kontak die Selfdood-krisisnoodnommer by 0800 567 567.
Bronne: Facebook
Lees ook: Bfn-inwoners vaar spazawinkels in oor vermeende voedselvergiftiging





